Ons aansluitingsvorm is beskikbaar in twee formate. Kliek op onderstaande skakel(s) om die vorm af te laai.
Kliek op 'n diens om 'n kort beskrywing daarvan te sien...
Inbel-Toegang (Dial-Up)
Inbel-Toegang is die algemeenste metode om op die internet te koppel. Dit is ook die stadigste toegangsmetode (koppel normaalweg teen 48Kb/s of minder), maar die aflaaispoed is heelwat laer (gemiddeld 5Kb/s).
Voordele:
- Die goedkoper keuse vir persone wat nie ADSL kan bekostig nie en/of te min tyd op die internet spandeer om ADSL kostes te regverdig;
- Inbel-Toegang is soms die maklikste/enigste toegansmetode in gebiede waar Koordlose en ADSL dienste nie beskikbaar is nie;
- Hardewarekoste(s) is gewoonlik laag (onder R400 vir 'n eksterne modem).
Nadele:
- Baie stadig - onvoldoende en onekonomies vir besighede en huisgebruikers wat groot eposse en lers wil aflaai;
- Kan nie die telefoon & internet gelyktydig gebuik nie (dit gebruik dieselfde telefoonlyn);
- Spandeer meer tyd om data af te laai wat lui tot ho telefoonrekenings.
ADSL Toegang
Dit is 'n hoëspoed konneksie wat gebruik maak van 'n gewone telefoonlyn, deur dit in twee aparte kanale te verdeel en een daarvan te gebruik vir data en een vir stemme. Hierdie is die tipe toegangsmetode wat hoogs aanbeveel word vir besighede.
Voordele:
- Baie hoë aflaaispoed (± 10 - 20 keer vinniger as die inbel-toegang);
- Kan telefoon & internet gelyktydig gebruik;
- Geen oproepkostes word gemaak om op die internet te skakel nie! U betaal 'n vaste bedrag - die internet toegang bly aktief 24/7.
Nadele:
- Daar is ‘n limiet op die hoeveelheid data wat per maand afgelaai kan word (u het 'n keuse tussen 1GB, 2GB, 3GB, 5GB, ens). Ten minste 3-5GB word aanbeveel vir persone wat baie speletjies, flieks, musiek, ens. van die internet wil aflaai, andersins is 1-2GB voldoende;
- ADSL is nie orals beskikbaar nie (die lynafstand tussen u huis/besigheid en die telefoonsentrale moet gewoonlik binne 3-5km van mekaar af wees);
- Installasie en hardewarekostes is redelik hoog (±R900) a.g.v. die duurder ADSL router en filters wat benodig word.
Domein Huisvesting
'n Domein is 'n internet adres (bv. @klieknet.co.za) wat geregistreer word sodat wanneer mense dit opsoek op die internet, hulle by u webwerf of epos bediener sal uitkom.
Voordele:
- Dit bied beter advertensie vir 'n besigheid as die epos adresse verwys na die besigheid se naam, bv. admin@klieknet.co.za
- 'n Webwerf kan geskep word sodat mense dit kan bereik deur te gaan na www.{besigheidnaam}.co.za
- Die registrasie en huur van 'n domein is baie goedkoop - R150 vir registrasie en huur vir die eerste jaar, daarna beloop dit R100 per jaar.
Webwerwe (Websites)
‘n Top metode om inligting van u en/of u besigheid tot die wêreld beskikbaar te stel. Met die huidige groei en uitbreiding van die internet, is dit die ideale plek om 'n teenwoordigheid te h en te adverteer.
Voordele:
- Die advertensie vermoë is asemrowend!
- Verwys klinte om inligting van u webwerf af te laai (in plaas van om dit die heeltyd te faks of met epos aan te stuur);
- Plaas 'n foto album van jou en jou vriende op die internet, sodat almal daarna kan gaan kyk.
25MB Epos Posbus (Mailbox)
U kan ekstra epos adresse aanskaf indien u nie genoeg het nie. Elke posbus het genoeg spasie (25MB) om heelwat eposse te stoor.
Voordele:
- Maklik om op te stel;
- Hou u privaat en werk eposse apart deur verskillende adresse te gebruik;
- U het toegang tot u onafgelewerde eposse vanaf enige rekenaar wat internet toegang het.
 |
Vir al u hardeware en sagteware benodighede, skakel gerus vir Computer Corporation Nylstroom by
(014) 717-4250. Hul tegnikuste is goed opgelei vir die bou, opgradering & herstel van rekenaars, drukkers, skerms, ens. |